fbpx
Vryheidsfront Plus

Gebrekkige rampbestuur in Vrystaat is onaanvaarbaar en lei tot tragedie

Rampbestuur in die Vrystaatse platteland verkeer in ‘n haglike toestand met dikwels slegs een brandweerwa, indien enige, wat vir verskeie dorpe in plaaslike munisipaliteite beskikbaar is.

Sowat vier huise in die Phumelela-plaaslike munisipaliteit (Vrede, Warden en Memel) het die afgelope anderhalfjaar afgebrand en groot skade is aangerig omdat daar nie voldoende brandbestrydingstoerusting beskikbaar is nie.

Die feit dat hierdie dienste nie beskikbaar is wanneer dit nodig is nie, is nalatigheid van die grofste aard en iemand moet aan die pen ry daarvoor voordat brande tot lewensverlies en verdere eiendomskade lei.

Gebrekkige rampbestuur in die Phumelela-plaaslike munisipaliteit het bygedra tot die tragedie waartydens mnr. Henk Burgers die afgelope naweek gesterf het. Burgers is in sy huis in Vrede aangeval en die aanvallers het die huis aan die brand gesteek.

Die brandweer is na bewering verskeie kere gebel, maar het nooit opgedaag nie.

Die VF Plus het skrywes aan beide die plaaslike munisipaliteit en provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) gerig om nadere besonderhede oor dié gebrekke rampbestuur te bekom. Hierdie besonderhede sal in ag geneem word om die moontlikheid van strafregtelike klagte teen diegene wat vir hierdie noodsaaklike dienste verantwoordelik is te oorweeg.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.