fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasaanval wys landelike veiligheid is nog nie ‘n prioriteit in die Oos-Kaap

Die moord op 'n bekende Oos-Londense boer in die Oos-Kaap is nog ‘n bewys dat landelike veiligheid steeds nie ‘n prioriteit is vir die ANC-regering nie.

Mnr. Darryl Richter (34) is Saterdagaand naby Thornvleiweg op die N6 buite Oos-Londen aangeval en vermoor. Volgens die polisie is Richter met 'n mes gesteek en is hy later op die toneel oorlede. Twee persone wat hom vermoedelik aangeval het, is doodgeskiet tydens die voorval. ‘n Derde verdagte is steeds op vrye voete.

Plaasaanvalle soos hierdie moet voor die deur van die ANC-regering gelê word aangesien dié soort misdaad tot ‘n groot mate beperk kan word indien spesialis-eenhede teen plaasaanvalle op die been gebring word.

Hierdie aanval kom slegs 29 dae na die aanval en moord op die 79-jarige boer, John Viedge, in die nabygeleë Nqanqarhu-gebied (voorheen Maclear).

Die VF Plus doen 'n beroep op die polisie om sy landelike veiligheidstrategie in werking te stel en sy pogings te verskerp om plaasaanvalle te voorkom. Die VF Plus dring lank reeds daarop aan dat spesialis-eenhede gestig en ondersteun word om na die veiligheid van boere om te sien.

Die roekelose uitsprake van die ANC-regering en ander partye met betrekking tot grond en onteiening is onverantwoordelik en sweep emosies op.

Die VF Plus sal aanhou om beswaar aan te teken teen plaasaanvalle en misdaad in die Oos-Kaap en elders in die land en sal deurlopend druk op die betrokke owerhede plaas om die veiligheid van inwoners in veral landelike gebiede te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.