Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gebrekkige “herstelwerk” ná kabeldiefstal stel Germiston-inwoners in gevaar

Die wyse waarop die Ekurhuleni-metro herstelwerk aan ’n beskadigde kragkabel in Helderweg, Germiston, gedoen het, is lewensgevaarlik en onaanvaarbaar.

Nadat vandale ’n elektriese toevoerkabel tydens ’n poging tot diefstal afgesny het, is die kragtoevoer herstel met metodes wat op die oog af alle veiligheidsprotokolle verontagsaam.

Die beskadigde kabel blyk bloot met isolasieband vasgemaak te wees wat ’n tydelike en onveilige verbinding skep wat ver onder aanvaarbare veiligheidstandaarde val.

Hierdie tipe “herstelwerk” hou ’n ernstige risiko van elektriese foute, brandgevaar en moontlike beserings vir inwoners in, en kan geensins as ’n volhoubare of voldoende oplossing beskou word nie.

Die VF Plus sal hierdie aangeleentheid in die raad bespreek en eis dat ’n gekwalifiseerde span dringend na die terrein terugkeer om behoorlike en veilige herstelwerk uit te voer.

Tegnici verbonde aan die Ekurhuleni-metroraad en privaat kontrakteurs moet aan veel hoër standaarde van vakmanskap voldoen as wat hier ten toon gestel is.

Inwoners behoort nie met gevaarlike infrastruktuur te moet saamleef net om elektrisiteit te hê nie.

Die VF Plus sal voortgaan om vir veilige en betroubare dienslewering te veg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.