fbpx
Vryheidsfront Plus

Gautrein se Sandtonstasie is nog ‘n ANC-skandaal

Die VF Plus het reeds in 2017 ongerymdhede vermoed aangaande ‘n eiendomstransaksie van R280 miljoen tussen die destydse ANC-beheerde Johannesburgse metroraad en Ceder Park Properties rondom die verkoop van een van die stad se mees gesogste eiendomme.

‘n Grondtransaksie is in 2009 tussen die partye beklink vir die aankoop van ‘n stuk grond tussen die Sandtonse biblioteek en die Gautreinstasie. Die transaksie het ook die lugontwikkelingsregte bo-op die Gautreinstasie ingesluit.

Die ekonomiese-ontwikkelingsoorsigkomitee (Seksie 79) onder voorsitterskap van die VF Plus-raadslid, Franco de Lange, het na ‘n besoek aan die duurste stuk grond in Afrika besef daar het moontlik ‘n knoeiery plaasgevind waarna die groepforensiese-ondersoekeenheid gevra is om die omstrede kooptransaksie te ondersoek.

Gedurende die ondersoek is bevind die koopooreenkoms bepaal dat die onwikkeling finansieel winsgewend moet wees, alvorens terugbetaling plaasvind.

Ceder Park Properties is verbind met Regiment Capital wat sterk bande met die Guptas het.

Die soeklig is vandeesweek op die ondersoek geplaas toe die stad die watertoevoer na die Gautreinstasie in Sandton weens ‘n uitstaande waterrekening van R8 miljoen gestaak het.

Die VF Plus monitor die ondersoek en sal seker maak dat al die prosesse gevolg word om die geld te herwin en ‘n vervolgingsproses begin.

Kontaknommer: 082 358 3882

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.