Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gautengse premier Covid-19-positief: Gautengers moet nou verantwoordelik optree soos virus versprei

Die VF Plus vind dit jammer om te verneem dat die Gautengse premier, David Makhura, positief getoets het vir Covid-19 en ligte simptome toon. Die party wens hom spoedige beterskap toe.

Die premier se positiewe status dui daarop dat die virus nou in Gauteng teen 'n groot spoed versprei. Die VF Plus maan Gautengers om te hou by die gesondheidsprotokolle van maskers dra en gereeld hande was ten einde die ketting van verspreiding te verbreek. Noudat daar meer bewegingsvryheid is en die regering nie meer in staat is om die publiek te polisieer nie, is die verantwoordelikheid op elke inwoner van die provinsie om reg op te tree en mekaar in ag te neem.

Makhura het sedert die grendelstaat ingestel is, op sy inisiatief 'n weeklikse virtuele vergadering gehou met alle party-politieke leiers in die Gautengse wetgewer om bekommernisse aan te hoor en terugvoering te gee rakende die provinsiale regering se strategie ten aansien van die pandemie.

Alhoewel die VF Plus nie altyd met alle besluite saamgestem het nie, kon die party op daardie forum tot dusver heelwat krisisse aanspreek wat wel opgelos is. So, byvoorbeeld is die sentralisering van voedselverspreiding daar hanteer waarna die waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Panyaza Lesufi, afgestaan het van sy sentralistiese posisie. Die intimidasie van Cradle of Hope in Krugersdorp is bespreek waarna die premier persoonlik ingegryp het om die instansie in staat te stel om vryelik voedselhulp te verskaf aan behoeftige mense.

Die konsulterende platform wat deur die premier geskep is, het gesorg dat heelwat mense se probleme aangespreek is en die VF Plus gee erkenning aan die premier vir hierdie inisiatief.

Die VF Plus vra alle Gautengers om nou uiters verantwoordelik op te tree en mekaar te beskerm teen die virus.

Navrae: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.