Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gauteng se landelike veiligheidsplan faal – 445 plaasaanvalle met slegs 3 inhegtenisnemings in vorige boekjaar is bewys

Die landelike veiligheidsplan van die Gautengse polisie het geen positiewe uitwerking op die veiligheid van plaasboere nie.

Die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het in ‘n skriftelike vraag van die VF Plus, bevestig dat in die vorige finansiële jaar (1 April 2019 – 31 Maart 2020) is 445 plaasaanvalle aangemeld, waarin 11 mense dood en slegs 3 verdagtes in hegtenis geneem is.

Die inhegtenisnemings hou verband met net een plaasaanval.

Hierdie verdoemende feite bevestig die VF Plus se voortdurende waarskuwings dat die Gautengse polisie die landelike gemeenskappe faal. ‘n Landelike veiligheidsplan moet behoorlik in werking gestel en bestuur word om landelike gemeenskappe te beveilig.

Gebiede wat veral deurloop onder plaasaanvalle, is Kameeldrift, Muldersdrift en Hekpoort aan die Wes-Rand.

Die wreedaardige teistering van weerlose landelike gemeenskappe is ‘n skande en dra by tot die algehele verval van die platteland wat veral voedselsekuriteit bedreig.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die owerhede plaas om die landelike veiligheidsplan behoorlik te implementeer en genoeg mannekrag en toerusting na polisiekantore in landelike gebiede te ontplooi om die veiligheid van weerlose mense te verseker.

Navrae: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.