Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Eskom-hoof kry R22,775 miljoen toe hy loop en gemors agterlaat

Eskom se voormalige hoof uitvoerendebeampte (HUB), mnr Brain Dames wat op 31 Maart 2014 bedank het, het R 22, 775 miljoen vergoeding in sy bedankingsjaar ontvang. ’n Betaling van R 5,007 miljoen net vir beëindiging van sy dienste is betaal. Hy het ’n terugbetaling van R 1,9 miljoen en ’n langtermyn aansporing van R 1,928 miljoen ontvang. Hierdie betalings is deur die minister van Openbare Ondernemings, me Lynne Brown, verskaf in antwoord op ’n vraag van Pieter Groenewald, VF+-LP in die parlement.

“Brain Dames behoort hierdie bykomstige betalings terug te gee, aangesien die gebrek aan prestasie by Eskom onder sy toesig en leiding plaasgevind het. Weens sy swak bestuur moet belastingbetalers ekstra opdok vir voltooing van die Medupi- en Khuseli-kragsentrales en nou nog die ongerief van beurtkrag ook verduur. Die minister moet ook verduidelik hoekom is hy R 5 miljoen betaal, bloot omdat hy bedank het.

Die jaarlikse salaris van die HUB van Eskom beloop R 15,367 miljoen en met so salaris behoort die persoon ’n uitnemende bestuurder te wees. Eskom is ’n uiters strategiese entiteit en swak bestuur daarvan het negatiewe gevolge vir die ekonomie van Suid-Afrika, soos tans beleef word. Dit word ’n siekte in Suid-Afrika dat die regering topposte, met reuse salarisse, vul met middelmatigheid en nie uitnemendheid nie, terwyl die belastingbetaler daarvoor moet opdok,” sê dr Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Openbare Ondernemings vir die Vryheidsfront Plus.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

ANTWOORD VAN MINISTER :

QUESTION FOR WRITTEN REPLY -QUESTION NO.: 2173 -DATE OF PUBLICATION: 31 October 2014 –

2173. Dr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Public Enterprises:

(1) What is the total annual remuneration of the chief executive officer of each entity that reports to her?

(2) Whether she will make a statement on the matter? NW2716E

 

Reply

 

Eskom SOC Ltd

 

The remuneration of the Chief Executive Officer (CEO) of Eskom as with the rest of the Exco members consists of a guaranteed pay, allowances, short-term incentives and long-term incentives. It should be noted that Mr. Brian Dames, previous CEO of Eskom, resigned on 31 March 2014 and his total remuneration for 2013/2014 for the Financial Year was:

Remuneration Element

Amount

Guaranteed pay

R6,031,000.00

Short-term incentives payment

0

Long-term incentives payment

R1,928, 000.00

Other

R7,408,000.00

Back pay increases

R1,900,000.00

Security and operating vehicle expenditure

R501,000.00

Termination payments

R5,007,000.00

Total Cost to Company Per Annum

R15,367,000.00

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.