fbpx
Vryheidsfront Plus

Ernstige tekort aan mediese voorraad staar gesondheidsorginstelling in Mpumalanga in die gesig

Die VF Plus is bekommerd daaroor dat talle hospitale en klinieke regoor Mpumalanga pasiënte, wat aan MIV/Vigs, TB, hoë bloeddruk en ander chroniese siektes ly, moes wegwys weens 'n tekort aan mediese voorrade en medisyne.

Dié tekorte volg na die omstrede oorname van Mpumalanga se medisynedepot in Middelburg deur 'n gesamentlike onderneming van Bongani Rainmaker Logistics en Osiris Healthcare, wat na bewering nie die nodige mediese voorraad in plek gehad het nie en aan wie die tender onreëlmatig toegeken is.

Ondanks die feit dat die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, belowe het dat al die provinsie se gesondheidsgeriewe teen einde verlede maand genoeg chroniese medikasie sou hê, blyk dit dat sommige klinieke steeds 'n tekort aan medisyne het.

Dit sluit ook 'n tekort aan kritieke mediese items, soos broodnodige persoonlike beskermende toerusting in.

Die VF Plus het dringende vrae aan die LUR gerig en sal daarop aandring dat 'n ondersoek ingestel word na die rede vir die tekort aan medisyne en dat die betrokke amptenare verantwoordelik gehou sal word.

Die VF Plus sal aanhou om terug te slaan teen swak gehalte gesondheidsorg en eis dat die nodige medikasie en voldoende gesondheidsorg ten alle tye beskikbaar is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.