Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-raadslid in sy huis oorval

‘n VF Plus-raadslid van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) in Gauteng is gisteroggend in sy huis in Vanderbijlpark deur drie gewapende rowers aangehou terwyl hulle na juwele, geld en vuurwapens gesoek het.

Raadslid Christo Smith was in sy waskamer besig toe die rowers die huis binne storm en hom vasbind.

Een van die rowers het die hele tyd by hom gebly terwyl die res elektriese ware, juwele en eetgerei na hul motor, wat hulle in Smith se motorhuis geparkeer het, gedra het.

Die booswigte het hulle as munisipale werkers voorgedoen om sodoende toegang tot die meenthuiskompleks te kry.

Die VF Plus sal voortgaan om toenemende druk op die regering te plaas om die land se burgers teen sulke soort misdaad te beskerm. ‘n Regering wat nie die politieke wil het om inwoners te beskerm nie, verdien nie om te regeer nie.

Dit is tyd om vir ‘n politieke party te stem wat besorg is oor die veiligheid van elke persoon in die land en daadwerklik optree. Dit is nou of nooit.

Kontaknommer: 083 263 9590

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.