Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni is van een brandweerwa afhanklik

Die nuwe brandweerwa wat die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) in Januarie vir R5,4 miljoen aangekoop het, is die enigste brandweerwa wat die hele munisipaliteit moet bedien nadat diensverskaffers die ander drie brandweerwaens weens wanbetaling teruggeneem het.

Die VF Plus stem nie saam met die munisipaliteit se besluit om R7 miljoen aan ‘n nuwe brandweerwa en brandweertoerusting te bestee nie.

Die geld kon eerder aangewend gewees het om agterstallige skuld aan diensverskaffers terug te betaal en van die dorpe weer in besit van ‘n brandweerwa te plaas.

Met genoeg brandweerwaens en toerusting kan die 38 brandweermanne ‘n meer aktiewe rol speel in die beskerming van lewens en eiendom.

Gemeenskappe word nou gedwing om hul eie watertrokke aan te koop en self brande te blus.

Water word uit swembaddens en waterkrane getap, want met die enigste brandweerwa wat in Evaton gestasioneer is, is dit onmoontlik om te verwag dat die wa op verskeie plekke brande moet blus.

Brandbestryders het ook probleme om brandkrane betyds op te spoor omdat min daarvan gediens en duidelik gemerk is.

Emfuleni het ‘n groot plaas- en kleinhoewe-gemeenskap wat die gevaar loop om, juis nou met die brandseisoen op hande, skade te ly weens die munisipaliteit se wanbestuur van brandweerdienste.

Hierdie onverstaanbare en ondeurdagte besluit van die administrateur van Emfuleni, Gilberto Martins, dien opnuut as bewys van die ANC se onvermoë om Emfuleni na behore te bestuur in belang van inwoners.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.