fbpx
Vryheidsfront Plus

Mafube: Ongerymdhede met pensioenaftrekkings verhoog salarisrekening

Die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Tweeling en Cornelia) betaal vol salarisse aan 48 afgetrede werknemers wat geen werk vir die munisipaliteit verrig nie.

Dié werknemers het reeds aftree-ouderdom bereik, maar kan nie aftree nie omdat die munisipaliteit vir menige jare nie hul pensioenaftrekkings aan die betrokke fondse oorbetaal het nie.

Dié munisipaliteit skuld die pensioenfondse van sy werknemers meer as R173 miljoen aan aftrekkings.

Hierdie versuim het tot gevolg dat 62 werknemers wat veronderstel is om af te tree, nie daartoe in staat is nie. Van hierdie werknemers is daar slegs 14 wat steeds hul pligte uitvoer.

Die ANC-beheerde Mafube is een van die Vrystaat se grootste finansiële mislukkings.

Dit is onaanvaarbaar dat dienslewering verder in die wiele gery word omdat werknemers nie aangestel kan word om die pligte van dié wat moes aftree, oor te neem nie.

Die VF Plus sal op nasionale vlak die saak verder voer om toe te sien dat inwoners se dienstetariewe vir daardie betrokke doel aangewend word.

Die party sal veg vir die regte van hierdie amptenare en vir die pensioengeld waarop hulle geregtig is.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.