Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-operasie teen onwettige kragverbindings laat meer vrae as antwoorde

Die Ekurhuleni-metro se aankondiging dat meer as 6 000 onwettige kragverbindings in Riverside, Palm Ridge verwyder is, word as ’n groot sukses voorgehou, maar die werklike resultate vertel ’n ander verhaal.

Slegs elf boetes is uitgereik, met ’n totale waarde van R84 564, terwyl die metro se eie boetetariewe aandui dat die bedrag meer as R27 miljoen moes beloop het.

Hierdie skerp teenstrydigheid wek die indruk dat die sogenaamde operasie eerder ’n publisiteitsveldtog was as ’n ernstige wetstoepassingsaksie.

Die VF Plus wys daarop dat ware wetstoepassing nie net die verwydering van kabels behels nie, maar dat oortreders geïdentifiseer en beboet moet word, strafregtelike sake geopen moet word, verlore inkomste verhaal moet word en heraansluitings voorkom moet word. Sonder hierdie stappe bly die operasie oppervlakkig en mislei dit belastingbetalers wat reeds ‘n swaar finansiële las dra.

Daarom word van die metro geëis om dringend te verduidelik waarom slegs elf boetes uitgereik is ná meer as 6 000 verwyderings en om ’n volledige verslag beskikbaar te stel wat aandui hoeveel verbindings per wyk in die metro verwyder is, hoeveel boetes uitgereik is, hoeveel inkomste verhaal is, hoeveel strafregtelike sake geopen is en watter stappe geneem word om heraansluitings te voorkom.

Betaalde inwoners kan nie langer toekyk hoe ʼn halfhartige poging tot wetstoepassing as ’n sukses verkoop word nie.

Die metro moet bewys dat hy ernstig is oor wetstoepassing en dat die belange van belastingbetalers en dienslewering eerste kom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.