Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet ongeouditeerde finansiële state aan raad voorlê

Die VF Plus het tydens ʼn spesiale raadsitting van die Ekurhuleni-metroraad daarop aangedring dat die eerste kwartaal van die 2023/24-finansiële jaar se ongeouditeerde finansiële state aan die raad voorgelê word.

Dit is om ʼn duideliker prentjie te kry oor die metro se finansiële situasie.

Luidens berigte het die metro net R438 miljoen se kontant tot sy beskikking wat minder as 13 dae se kontantvloei verteenwoordig. Die metro skuld ook meer as R3 miljard aan krediteure waaronder R1,5 miljard aan Eskom.

Die huidig finansiële toestand van die metro sal eers bepaal kan word wanneer die eerste kwartaal van die 2023/24-finansiële jaar se ongeouditeerde finansiële state beskikbaar gestel word.

Die VF Plus het ook ʼn verslag aangevra oor die metro se bates en die waarde van onroerende eiendom wat saam met die ongeouditeerde finansiële state voorgelê moet word.

Ten einde deurdagte besluite te neem oor ʼn omkeerplan vir die metro, is ʼn geheelbeeld van die metro se ware finansiële situasie nodig.

Dit is egter te betwyfel of dit moontlik sal wees met die huidige ANC/EFF-koalisieregering in beheer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.