Die VF Plus het ’n versoek aan die Ekurhuleni-metro se burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Nomadlozi Nkosi, en die betrokke departement, gerig om dringend aandag te skenk aan die herstel van lekkende waterpype en die behoorlike beveiliging van werkterreine.
In veral Boksburg word gate wat gegrawe is om by stukkende waterpype uit te kom, dikwels vir maande lank oopgelaat sonder dat dit herstel word.
Wanneer navrae hieroor gedoen word, word daar dikwels verwys na tenderprosesse of moontlike toekomstige herstelwerk, terwyl water steeds verlore gaan en infrastruktuur verder beskadig word.
Gemeenskappe verwag daadwerklike optrede en tydige herstelwerk. Dit kan nie aanvaar word dat strate vir maande oop en gevaarlik gelaat word of dat duisende liter water verlore gaan terwyl inwoners vir dienslewering betaal nie.
Die VF Plus sal voortgaan om druk op die metro te plaas totdat inwoners die betroubare dienslewering en verantwoordbaarheid ontvang waarop hulle geregtig is.
Op 4 November 2026 het kiesers die geleentheid om vir die VF Plus te stem – ’n party wat verantwoordbaarheid vooropstel en volhoubare dienslewering prioritiseer.


