Die metroraad van Ekurhuleni het Donderdag besluit om vier geïdentifiseerde eiendomme sonder vergoeding te onteien, waarvan drie aan privaat eienaars behoort en een aan die staat.
Volgens die burgemeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina, het die drie private eienaars van grond ingestem om vrywilliglik afstand te doen van hul grond.
Die VF Plus sal ondersoek doen na die aangeleentheid en vrae vra om vas te stel presies wat die situasie is, en of die eienaars wel vrywilliglik afstand gedoen het van hul grond en of hulle gedwing gaan word om dit af te staan.
Die VF Plus is gekant teen onteieing sonder vergoeding en het sy teenkanting duidelik teen die besluit uitgespreek. Die party sal toesien dat Artikel 25 van die Suid Afrikaanse Grondwet korrek toegepas word in dié verband.
Burgemeester Masina is duidelik besig met niks anders nie as politieke propaganda in ‘n voorverkiesingsjaar.
Kontaknommer:072 217 1951