fbpx
Vryheidsfront Plus

EFF in Ekurhuleni oneerlik oor uitkontraktering van dienste

Die EFF in die Ekurhuleni-metroraad is oneerlik rakende die uitkontraktering van sekuriteit- en skoonmaakdienste in die metro.

Tydens ʼn raadsitting van 27 Januarie 2022, het die EFF-raadslid en tans die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Nkululeko Dunga, in ʼn mosie daarop aangedring dat die uitkontraktering van sekuriteit- en skoonmaakdienste gestaak word en direk deur die metro gelewer word.

Dunga het ná hy burgemeesterskomiteelid geword het, skielik tenders aan tien verskillende maatskappye vir sekuriteitsdienste vir die tydperk 1 Julie 2023 tot Junie 2026 toegeken. Dit staan in skrille kontras met sy destydse mosie namens die EFF hieroor.

Die VF Plus wou met die laaste raadsitting indringende vrae aan Dunga stel oor die tenders, maar hy het nie die sitting bygewoon nie.

Die party sal met die volgende raadsitting aandring op antwoorde oor hoekom die tenders toegeken is wanneer die EFF vroeër daarop aangedring het dat die soort dienste deur die metro self gelewer moet word.

Dit is duidelik dat die EFF met ʼn gesplete tong praat.

Die VF Plus se advies aan die EFF is om sy oneerlikheid te staak, hom te hou by die metro se verkrygingsbeleid en die kontrakte te hernieu met bestaande kontrakteurs wat getrou hul dienste aan die Ekurhuleni-metro gelewer het.

Die VF Plus sal voortgaan met sy ondersoek oor waarom die EFF skielik sy eie posisie oor die uitkontraktering van dienste verander het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.