fbpx
Vryheidsfront Plus

E-tol: Premier Makhura weet steeds nie wanneer nasionale regering gaan besluit nie

Die VF Plus het vandag in die Gautengse wetgewer deur mondelinge vrae en antwoorde vasgestel die ANC is steeds nie seker wanneer daar uitsluitsel gaan kom van die nasionale regering se paneel oor e-tol nie.

Premier David Makhura het vandag aan die VF Plus bevestig dat die Gautengse ANC steeds ten volle gekant is teen e-tol.

Op ‘n vraag wat hy gaan doen indien die nasionale regering in gebrek bly om e-tol af te skaf, het premier Makhura ontwykend geantwoord en gesê die ANC verklaar nie interne dispute met mekaar nie en hy sal daarom ook nie die Interregering-verhoudingsraamwerkwet (Wet 13 van 2005) gebruik om enige interne dispuut te verklaar nie.

Dit is duidelik die premier probeer ‘n front van eenheid oor e-tol voorhou terwyl dit nie bestaan nie. Die feit dat hy die vraag ontwyk het oor sy eie posisie en optrede indien daar nie oor die kwessie met die nasionale regering ooreengekom kan word nie, wys duidelik op verdeeldheid in die ANC.

Die VF Plus het in ‘n opvolgvraag gevra of daar enige tydskale oor die kwessie is waarop Makhura geantwoord het hy wil hê dit moet aanstaande jaar (2020) “afgehandel wees”.

Dié antwoord maak dit duidelik die ANC wil homself gereed kry en posisioneer vir die 2021-verkiesing en ‘n oplossing probeer vind vir e-tol aangesien dit ‘n kontensieuse kwessie is wat vir die ANC ‘n groot, negatiewe invloed kan hê op sy verkiesingsveldtog.

Die VF Plus twyfel egter of die nasionale regering, en in besonder die nasionale tesourie en die minister van finansies, Makhura wel tegemoet sal kom en of die ANC eensgesind gaan wees oor e-tol en of dit die bestaande krake van interne faksiegevegte oor verskeie kwessies verder gaan vergroot.

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.