fbpx
Vryheidsfront Plus

Dubbele standaarde skep rassisme

“Die Vryheidsfront Plus verwerp enige vorm van rassisme. Wat egter kommerwekkend is, is dat die strafregstelsel tans in sommige gevalle met dubbele standaarde toegepas word wat rassisme skep en bevorder.

“Deel van die strafregstelsel is die uitvoering van arrestasies deur die polisie. Indien die bekende KFC-geval, waar vyf wit beskuldigdes gearresteer is en waar op niemand geskiet is nie, vergelyk word met die Van Staden-geval waar ‘n swart beskuldige ‘n wit vrou geskiet het, maar nie gearresteer is nie, skep dit dubbele standaarde en is dit rassisme. In die KFC-geval sit van die mans nou al drie weke agter tralies weens die verpligte proses om by die hof borgtog te kry. In die Van Staden-geval was die beskuldigde nie een dag agter tralies nie en sonder borgtog op vrye voet. Dit is dubbele standaarde.

“In terme van regspraak word die beskuldigdes in die doodskis-saak skuldig bevind aan poging tot moord. Dat hulle ‘n verfoeilike daad gepleeg het stem almal mee saam, maar om te bevind, sou hulle voortgegaan het kon die slagoffer vermoor gewees het, laat baie vrae ontstaan. Penny Sparrow word weens haar uitspraak wat swartes met bobbejane vergelyk, wat die Vryheidsfront Plus ook sterk veroordeel en verwerp, swaar beboet, maar Velaphi Khumalo wat sê wittes moet uitgemoor word soos Hitler met die Jode gedoen het, word net oor die vingers getik. Dit is dubbele standaarde.

“Daar is baie ander voorbeelde van hierdie dubbele standaarde wat die Vryheidsfront Plus ten sterkste veroordeel. Rassisme word gepleeg deur swart en wit en moet sterk veroordeel word in albei gevalle. Die grondwet bepaal dat almal gelyk is voor die reg, maar dit moet ook in die praktyk toegepas word,” sê dr Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.