Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dubbele plaasmoord in parate boeregemeenskap by Newcastle skok

Veiligheidskameras op paaie in die landelike omgewing van Newcastle in KwaZulu-Natal het vandag ‘n skokkende prentjie geskep oor die moord op ‘n bekende egpaar van die omgewing pas nadat hulle by hul plaashuis aangekom het,

Mnr. Glen Rafferty (63) en sy vrou Vida (60) van Normandien buite Newcastle, is doodgeskiet nadat hul aanvallers die veiligheidskameras by die huis buite werking gestel het.

Op ‘n veiligheidskamera wat die landelike paaie in die gebied monitor, kan gesien word hoe die egpaar kort voor die moord vanuit die dorp in die rigting van hul plaas ry.

Nie lank na die moorde nie, kan weer gesien word hoe die moordenaars in hul voertuig op ‘n ander pad van die toneel wegvlug.

Dit is jammer dat die aanval nieteenstaande die veiligheidsmaatreëls kon slaag. Misdaad in die omgewing is besonder hoog en die veiligheidstelsel help moontlik dat daar nie meer ernstige aanvalle in die gebied is nie.

Daar is veral baie voorvalle van veediefstal in die omgewing en die hulp van die plaaslike polisie om dit op te los, laat veel te wense oor.

Die egpaar se voertuig is in die omgewing verlate langs die pad gevind vanwaar die aanvallers oënskynlik met ‘n ander voertuig verder gevlug het.

Dit laat tergende vrae ontstaan oor die rede vir die moorde en of dit straks vooraf beplan is.

Die VF Plus spreek sy diepste simpatie uit met die oorledenes se naasbestaandes en doen opnuut ‘n beroep op boere om alles moontlik te doem om hulself te beveilig, soos om by aksiegroepe aan te sluit en alle tegnologie moontlik in te span om aanvalle te voorkom.

Mense word ook gevra om te alle tye waaksaam te wees en om alles moontlik binne die wet te doen om hulself, hul naasbestaandes en hul eiendom te beskerm.

Navrae: 082 388 3000

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.