Die dubbele moord op twee bekende sakevroue het Donderdag die inwoners van Polokwane (Pietersburg) geruk.
Mev. Lizette Deacon (55), eienaar van twee Ocean Basket-franchises in Polokwane en haar ma, Hettie (laat 70’s), is vermoedelik tussen ses- en agtuur op 10 September 2020 ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is.
Albei vroue se lyke is teen Donderdagaand gevind toe Deacon se voertuig opgespoor en verlate gevind is langs die R37 naby Mankweng, Limpopo. Geen verdagtes is aangekeer in verband met die moorde nie.
‘n Dringende beroep word op die gemeenskap gedoen om alles moontlik te doen om hul wonings en ondernemings te beveilig. Wetgehoorsame burgers moet nou hul grondwetlike reg op beskerming en veiligheid opeis en ten alle tye waaksaam wees.
Die VF Plus moedig gemeenskappe aan om aan te sluit by buurtwagte en gemeenskappolisiëringforums en alle tegnologie moontlik in te span om aanvalle te voorkom. Die party dring daarop aan dat die regering nou sy erns wys oor misdaad. Lippetaal sal misdadigers nie keer nie en dit kan nie so voortgaan nie.
Die VF Plus spreek sy innige simpatie uit met die oorledenes se naasbestaandes.
Navrae: 066 024 4623