fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus plaas druk op Carletonville-polisie na rowers man in bad verdrink

Die VF Plus in die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) het die polisie in Carletonville versoek om alles in hul vermoë te doen om die moordenaars vas te trek van ‘n oud-myner, Ernest Zeelie, wat Dinsdagmiddag in ‘n bad water verdrink is.

Drie mans het glo toegang verkry tot ‘n huis in Impalastraat, Carletonville, waarna hulle ‘n vrou vasgebind en die oorledene in ‘n bad water verdrink het.

Die VF Plus het verlede maand die stasiebevelvoerder van Carletonville, brigadier Miranda Theron, besoek, en versoek dat die polisie gebiede waar misdaad toeneem moet patrolleer om inwoners te beskerm en as afskrikmiddel vir misdadigers te dien.

Die polisie se taak word bemoeilik weens die tekort aan patrollievoertuie, toerusting en onvoldoende opleiding. Baie inwoners kan nie die beskerming van privaat-sekuriteitsmaatskappye bekostig nie en is net op die polisie aangewese.

Die VF Plus het verlede maand in ‘n mediaverklaring na verskeie inbrake in die Welverdiend-woongebied in Carletonville verwys waar mense aangerand en beroof is.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die owerhede plaas om die inwoners van Merafong te beskerm en te dien.

Navrae: 082 671 2302

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.