fbpx
Vryheidsfront Plus

Drinkwater in die Hantam: Fase 6-beurtkrag kan krisisbestuur noodsaak

Dorpe in die Hantam-plaaslike munisipaliteit (Calvinia, Brandvlei, Loeriesfontein, Nieuwoudtville en Middelpos) en elders in die Karoo is vir drinkwater van boorgate afhanklik wat elektrisiteit gebruik om opgaardamme vol te hou en watersuiweringswerke aan te dryf.

Selfs Calvinia, waar die dorpsdam se water na die dorp kan vloei deur gravitasie, is nie gevrywaar nie. Reën was die seisoen eenvoudig te min om die dam te voed.

Terwyl voldoende boorgatwater wel beskikbaar is, beteken kragtoevoer wat tot ‘n derde van die dag onderbreek word, dat kragopwekkers by al die gate nodig is.

Plaaslike owerhede in hierdie omgewing het nie die kapitaal om die soort toerusting te huur of aan te koop nie. Om ‘n “Dag Zero”-situasie in die Hantam te voorkom, moet alle moontlike besparingsmaatreëls gevolg word.

Hoewel waterbeperkings en kragopwekkers waternood kan afweer, is langtermyn-oplossings noodsaaklik.

Waterpompe wat deur hernubare energie aangedryf word, is lewensvatbaar in hierdie streek en moet in die volgende finansiële jaar voorkeur geniet.

Toepaslike toerusting en goeie bestuur kan die dreigende krisissituasie omkeer. Distrikte en die Noord-Kaapprovinsie sal wel bystand moet verleen, weens die grootte van beleggings wat vereis sal word.

Die VF Plus beskik oor die bestuursvernuf en kennis van alternatiewe energie om te help om die veeleisende oorgang so glad moontlik te laat verloop.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.