Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dringende optrede geëis ná tweede kragtoring in NMBM ineenstort

Die VF Plus eis dringende optrede van die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) ná die ineenstorting van ʼn tweede hoogspanningskragtoring in Port Elizabeth/Gqeberha in minder as ʼn jaar.

ʼn Verroeste sy-arm van die toring het op 4 Mei meegegee wat ʼn kragonderbreking van 24-uur in onder meer die woonbuurte Summerstrand, South End, Walmer, Humewood en Miramar veroorsaak het.

Alhoewel tydelike herstelwerk op die kragtoring gedoen is, moet ʼn blywende oplossing gevind word vir die probleem.

Op 25 Augustus 2024 het vier kragtorings aan die westekant van Port Elizabeth meegegee weens roes en sterk wind. Duisende huishoudings en ondernemings was vir dae sonder krag.

Eskom is gevra om dringend die herstelwerk te doen en die metro het onderneem om die verouderde strukture te vervang. Dit is nie gedoen nie.

Die VF Plus het al telkens die ANC/EFF-koalisieregering versoek om dringend aandag te gee aan die instandhouding en vervanging van kritieke infrastruktuur.

Die jongste voorval is tewens opnuut ʼn bewys van swak bestuur en politieke speletjies.

Die VF Plus het ʼn formele versoek gerig aan die waarnemende stadsbestuurder, mnr. Ted Pillay, om ʼn omvattende verslag op te stel oor die toestand van kragtorings in die metro en die herhaalde verontagsaming van beloftes om die nodige herstelwerk te doen.

Die party eis ook dat die ANC-burgemeester, me. Babalwa Lobishe, ’n deursigtige en volledig begrote infrastruktuur-onderhoudsplan aan die raad voorlê.

Die impak van hierdie soort kragonderbrekings strek veel verder as die korttermyn-ongemak wat inwoners moet verduur. Huishoudelike toestelle word beskadig, ondernemings verloor inkomste en beleggersvertroue in die metro word ondermyn.

Die VF Plus dring aan op onmiddellike optrede. Die inwoners van die NMBM verdien nie leë beloftes en krisisbestuur nie, maar betroubare infrastruktuur waarvoor hulle ten duurste betaal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.