fbpx
Vryheidsfront Plus

Donkiekarre wys hoe haglik Suid-Afrika se fiskale situasie is

Niks illustreer Suid-Afrika se haglike fiskale situasie beter as die R780 000 wat Noordwes se regering bestee het aan donkiekarre om vervoer te verskaf nie.

Dit terwyl die res van die wêreld besig is met ruimte-eeuse vooruitgang én die geld het om dit te kan bekostig.

Staatskuld in Suid-Afrika is buite beheer en onvolhoubaar. Staatsinkomste sal nie verbeter solank as wat die land se maatskaplike las by die dag groter word nie.

Dit, en alles wat daarmee gepaard gaan soos werkloosheid en ekonomiese agteruitgang, is die direkte gevolg van mislukte ANC-beleid wat die land en sy mense in die steek gelaat het.

Om sake te vererger, word die bietjie wat wel in die fiskus beland, gesteel en verdeel onder ANC-kaders. Die jaarlikse verhaal van die ouditeur-generaal (OG) se verslae hieroor is welbekend:

Miljarde word betaal aan verskaffers wat niks verskaf nie, verkeerde betalings, opgeblase pryse, bestraffing weens betalingskwessies en spookwerkers.

Dan slaan dit die asem weg wanneer die regering nog praat van fiskale dissipline.

Midde in die moeras van wanbestuur, ‘n ernstige energiekrisis, diefstal, wanbesteding, vervallende infrastruktuur en verkeerde prioriteite gaan geen fiskale raamwerk enige redding bied nie.

Nie solank ANC-beleid van krag is nie.

Onderliggend hieraan is die beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Teen hierdie tyd weet almal dat dit bloot ‘n meganisme is om ANC-kaders te verryk terwyl dit die land se ekonomie vernietig.

Die omvang van stroping en die vlakke van onbevoegdheid wat die ANC as norm gestel het, is verstommend. Elke staatsonderneming is bankrot, elke vorm van regering het misluk.

Maar steeds wil die regering in debatte hoog opgee oor fiskale dissipline en goeie regering. Dit is ‘n skokkende miskenning van die realiteit.

Suid-Afrika en sy mense kan bloot nie meer die ANC bekostig nie. Dit grens aan selfmoord.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.