fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC volhard met kaderontplooiing in Noordwes

Die ANC volhard steeds met kaderontplooiing ten spyte van openbare ondernemings tot die teendeel.

Die aanstelling van die omstrede Frans Mabokela as waarnemende munisipale bestuurder in die Rustenburgse plaaslike munisipaliteit (RLM) wat Rustenburg en Mooinooi bedien, is ‘n bewys hiervan.

Die ANC-beheerde RLM-raad het gister Mabokela se aanstelling bekragtig in opdrag van Lenah Miga, die LUR van samewerkende regering, behuising en tradisionele sake (Coghsta) in Noordwes.

Hierdie aanstelling volg ten spyte van hangende ondersoeke oor sy beweerde betrokkenheid by tenderongerymdhede in die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit (Zeerust en Groot Marico).

Mabokela was ‘n direkteur in die kantoor van die munisipale bestuurder van hierdie munisipaliteit in 2021.

Skynbaar onreëlmatige tendertoekenings ten bedrae van meer as R3 miljoen, en sy beweerde betrokkenheid daarby, word tans deur die owerhede ondersoek.

‘n VF Plus-mosie het ook gister in die Noordwes-wetgewer gedien oor die versuim van LUR’e in Noordwes om doeltreffend hul oorsigrol in dié provinsie te vertolk.

Dit is ‘n skande dat die ANC-regering in Noordwes blatant volhou met kaderontplooiing ten spyte van die oorweldigende bewyse dat hierdie praktyk die hoofoorsaak van die verval in die provinsie is.

Die inwoners van Noordwes verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.