fbpx
Vryheidsfront Plus

Dienspligtiges ook militêre veterane en moet op databasis bly

“Die Departement van Militêre Veterane se voorneme volgens hulle woordvoerder, Mbulelo Mmusi, om 16 000 voormalige dienspligtiges wat as militêre veterane geregistreer het, van die databasis te verwyder is onwettig. Ek het reeds met die direkteur-generaal, mnr. Motumi hieroor geskakel en ek vra ook vir ‘n dringende vergadering met die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die wet maak voorsiening vir ‘n Appèlraad wat enige klagte en verkeerde optrede van ‘n amptenaar moet aanhoor, maar die Appèlraad is nog nie eers saamgestel nie. Dit sal dus onwettig wees om die data te verwyder as meganismes wat klagtes moet aanhoor nie eers in plek is nie,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging van die Vryheidsfront Plus.

“Die Wet op Militêre Veterane (18 van 2011) se omskrywing van ‘n militêre veteraan is baie duidelik en dienspligtiges kwalifiseer.  Artikel 2 van die Wet bepaal wel dat die blote voldoening aan die definisie van ‘n militêre veteraan, jou nie geregtig maak op voordele in terme van die Wet nie. Art. 3(c) van die Wet bepaal dat so persoon ook ‘n middeletoets moet slaag om voordele te ontvang. Die middeletoets is nou eers in regulasies vervat en moet nog in die parlement ter tafel gelê word. Die Vryheidsfront Plus beskou hierdie aangeleentheid in ‘n baie ernstige lig en sal, indien dit nodig is, selfs regstappe oorweeg,” het Groenewald gesê.  

 

 

Kontaknommer: 083 627 4397

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.