Die VF Plus hou sekere politici en Meyerton se polisie-stasiebevelvoerder, genl.maj. Deliwe de Lange, verantwoordelik vir die voortslepende geweld en protesoptrede by die R59.
Dit is kommerwekkend dat die polisie die vandale nie kan identifiseer en in hegtenis neem nie, selfs al is foto’s en videomateriaal van sommige van die oortreders reeds aan die polisie oorhandig.
Vanuit ‘n politieke oogpunt het die VF Plus maande gelede reeds ‘n griefskrif hieroor aan mnr. Bongani Baloyi, burgemeester van Midvaal, oorhandig. Mnr. Baloyi se reaksie op die griefskrif was onbevredigend.
Die VF Plus het dié griefskrif ook by die Gautengse wetgewer ingedien, maar dit het tot nou toe nog nie voor die verantwoordelike komitee gedien nie.
Die gewelddadige situasie by die R59 is ‘n tipiese voorbeeld oor hoe gewone landsburgers daagliks van hul regte ontneem word.
Dit is duidelik dat die DA en die ANC in Midvaal om politieke redes nie wil optree teen die oortreders nie omdat dit hulle ongewild kan maak met die aanloop tot aanstaande jaar se nasionale verkiesing.
Die inwoners van Sicelo, wat die grootste deelnemers aan die protesaksies is, buit die situasie uit om ongehinderd voort te gaan met hul geweldpleging.
Kontaknommer: 071 640 7283