fbpx
Vryheidsfront Plus

Debat in parlement: Verbreding en meriete, nie eksklusiwiteit nie, sal Suid-Afrika se ekonomie laat groei

Eksklusiwiteit en die omheining van Suid-Afrika se mikro-ekonomie om ander uit te hou, is kortsigtig en teenproduktief. Meriete en verbreding en nie marginalisering nie, moet die maatstaf wees om die ekonomie te laat groei.

Daar moet weggedoen word met Regstellende Aksie (RA), Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en alle maatreëls wat eksklusiwiteit bewerkstellig om sodoende beleggings te lok en werk te skep.

Entrepreneurskap, die hoeksteen van die mikro-ekonomie, is een van die moeilikste loopbane. 'n Entrepreneur waag die risiko om alles te verloor, maar werk tog hard om die ekonomie te laat groei en werkgeleenthede in 'n vrye mark te skep.

Dit word gedoen tot voordeel van die volle gemeenskap, maar tog bind die regering van Suid-Afrika hul hande deur oorgereguleerde rompslomp en striemende arbeidswette.

Die regering moet hierdie sektor eerder so min as moontlik reguleer en dit vir vrye ondernemers moontlik maak om tot die ekonomie van Suid-Afrika by te dra, ongeag wie hulle is. Hul taak is reeds moeilik genoeg soos dit is.

RA en SEB skep reeds ‘n groot mate van eksklusiwiteit in die ekonomie van Suid-Afrika.

Klein-, mikro- en medium-ondernemings lok groot beleggings en is een van die grootste werkskeppers in die land. Eksklusiwiteit sal hierdie belangrike deel van Suid-Afrika se ekonomie aftakel en marginaliseer.

Kontaknommer: 079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.