Die VF Plus veroordeel die brutale moord op die bejaarde mev. Susanna Nel (84) buite Fochville.
Mev. Nel se liggaam is onder 'n hoop klere in haar eetkamer gevind. Die polisie het later drie verdagtes in hegtenis geneem vir die moord.
Die VF Plus veroordeel alle geweldsmisdaad, veral dié wat gepleeg word teen bejaardes, vroue en kinders wat weerloos is en hulself nie teen aanvallers kan verdedig nie.
Die party doen ‘n beroep op die inwoners van Fochville om paraat te wees, hul veiligheidsmaatreëls op te skerp en by gemeenskappolisiëringforums aan te sluit om hulself teen moontlike aanvalle te beskerm.
Die VF Plus-raadslid in die Merafong-plaaslike munisipaliteit, Ben van der Berg, het die slagoffer se naasbestaandes besoek en die party se meegevoel aan hulle oorgedra.
Kontaknommer: 082 671 2302