Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Debat in parlement: Geld vir armes moet weer die SAL red

Geld wat eintlik na die armes moes gaan moet nou vir die hoeveelste keer gebruik word om die SAL te red uit ‘n put van onbevoegdheid en wanbestuur, en dit sal gewis nie die laaste keer wees nie. Die ANC het in die gewoonte verval om die belastingbetaler skaamteloos op hierdie manier uit te buit.

Dit wil werklik voorkom of die ANC-regering dink geld groei aan bome en dat die inkomstebron vanuit belasting nie kan opdroog nie. Die werklikheid is dat die regering weldra sal uitvind dat ander mense se geld wel kan opraak.

Hierdie wetsontwerp se titel in Engels – “appropriation” – kom neer op onteiening en is heel gepas om te beskryf wat in die land onder die toesig van die ANC plaasvind.

Onteiening is in werklikheid die tema van die ANC se beleid en dit word geïmplementeer onder die dekmantel van die ontwikkelingstaat wat staatsdepartemente en staatsbeheerde entiteite gebruik as beursie vir ANC-kaders om hul sakke met ander se geld te vul.

Hier is enkele voorbeeld wat die ANC se onteieningsbeleid wat sy minagting vir die land se mense toon:

• Die ANC het Suid-Afrika se ekonomie ‘onteien’ en die land met 'n skrikwekkende werkloosheidsyfer gelaat wat 'n selfs ‘n skending van menseregte is.
• Die ANC het minerale- en waterregte ‘onteien’.
• Die ANC het markvryheid met Regstellende Aksie (RA), Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en ‘n doolhof van Marxistiese rompslomp ‘onteien’.
• Die ANC het die toekoms van die jeug ‘onteien’ deur die vernietiging van basiese onderwys.
• Die ANC het persoonlike sekuriteit ‘onteien’ met die vernietiging van die polisiediens.
• Die ANC het gesondheid ‘onteien’ deur die openbare gesondheidstelsel te vernietig.
• Ten slotte het die ANC enige hoop op toekomstige ekonomiese groei ‘onteien’ met Marxistiese beleide soos onteiening sonder vergoeding wat die uiterste vorm van onteiening is en ‘n oortreding van die internasionale- en natuurlike reg.

Daar bestaan talle ander voorbeelde van ontneming in die naam van die sogenaamde ontwikkelingstaat. Dit kan nie so voortaan nie, iets moet meegee.

Buiten hierdie vernietiging word die immorele situasie verder beklemtoon deur die skandalige en herhaaldelike miljard Rand-reddingsaksies van staatsbeheerde ondernemings waarvan die hoofde hulself buitensporige salarisse en bonusse toewys.

Terwyl hierdie vergrype plaasvind, kan daar nie ‘n enkele sent gevind word as reddingsboei vir Transnet se pensioenarisse soos wat SAL nou gered moet word nie. Dit terwyl die pensioenarisse se pensioengeld blatant gesteel is.

Dit is immorele gedrag soos hierdie wat uiteindelik gaan lei tot die inploffing van die ANC waarteen die land saam met die VF Plus moet terugslaan. ‘n Huis wat op sand gebou is kan nie staande bly nie.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.