Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Daar kan nie sprake van respek in SA wees as een groep geminag word nie

Wanneer daar in Suid-Afrika en in die parlement gepraat word oor menseregte, moet die gesprek begin word by wedersydse respek. Die mense van Suid-Afrika moet leer om wedersydse respek te hê vir mekaar se verskille, geskille, taal en kultuur. Daar kan nie van menseregte sprake wees as een groep ‘n ander probeer domineer nie.

Die VF Plus is opreg verbind tot menseregte en glo daarin dat menseregte en gelyke regte in Suid-Afrika bevorder moet word.

Parlementslede haal gereeld sêgoed van oud-president Nelson Mandela aan. Ek wil daarom ook iets aanhaal wat hy op die dag van sy vrylating in Kaapstad gesê het. Hy het gesê:

“I wish to quote my own words during my trail in 1964. They are as true today, as they were then. I have fought against white domination, and I have fought against black domination…”.

Wat ons egter nou in die parlement ervaar, veral oor die grond-aangeleentheid, is ‘n poging tot swart oorheersing.

Ek wil aan die minister van justisie en korrektiewe dienste, adv. Mike Masutha, sê dit is duidelik hy het nie geluister na wat president Cyril Ramaphosa gister in die parlement gesê het nie.

Hy het met my saamgestem dat indien ons opreg wil handel met die grond-aangeleentheid, moet ons erken dat die mense wat grond besit, gerespekteer moet word. Hulle het dit wetlik bekom en werk hard daarop om die nasie te voed.

Artikel 17 van die Verenigde Nasies (VN) se Deklarasie oor Menseregte lui dat elkeen die reg het om eiendom privaat-, en saam met ander mense, te besit. Niemand mag op ‘n arbitrêre wyse van sy eiendom ontneem word nie.

Indien mense eerlik wil wees oor menseregte, moet hulle alle aspekte daarvan erken, en nie selektief wees nie, anders is hulle skynheilig oor menseregte.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.