fbpx
Vryheidsfront Plus

DA se Winde weier om referendum vir Wes-Kapenaars uit te roep om groter seggenskap oor provinsie te vra

Die VF Plus het met teleurstelling kennis geneem van die weiering van die Wes-Kaapse premier, mnr. Alan Winde, om ʼn referendum in die Wes-kaap uit te roep waardeur Wes-Kapenaars kan vra vir groter seggenskap oor hul provinsie.

Mnr. Winde is ingevolge Suid-Afrika se Grondwet by magte om dit te doen.

Die inwoners van dié provinsie behoort die geleentheid gegee te word om hulself in ʼn referendum oor hul toekomsverwagting uit te spreek. Dit is die regte demokratiese ding om te doen.

Die VF Plus in die Wes-Kaap ondersteun dit en is ondubbelsinnig van mening dat Wes-Kapenaars toegelaat moet word om vir hulself praat.

Daar bestaan reeds groot ondersteuning vir die hou van ʼn referendum in die Wes-Kaap onder inwoners. Aanlyn meningspeilings het dit reeds by meer as een geleentheid bewys.

Die meer as 800 000 ingeskrewe lede van CapeXit wat hom vir die afstigting van die Wes-Kaap beywer en wat hom reeds ten gunste van ʼn referendum uitgespreek het, dien as verdere bewys hiervan.

Dit is nie goed genoeg vir premier Winde om agter die saak van die Kaapse Forum oor die grondwetlikheid van referendums wat tans in die Grondwethof dien, te skuil nie.

Indien die premier werklik die belange van die mense van die provinsie op die hart dra, sou hy die voorstel vir ʼn referendum gesteun het.

Die mense van die Wes-Kaap het die reg om hul mening hieroor uit te spreek en om te besluit of hulle deel wil bly van die ANC se vernietigingswerk in die res van die land.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.