fbpx
Vryheidsfront Plus

DA en ANC verhinder VF Plus om Afrikaans in begroting te praat

Die Vryheidsfront Plus is in die begrotingsdebat in die Matlosana-stadsraad verbied om Afrikaans te praat. Die ANC en DA het albei beswaar aangeteken toe die Vryheidsfront Plus se raadslid, Michal Groenewald, sy toespraak in Afrikaans begin lewer het.

Die speaker het die ANC en DA se beswaar gehandhaaf en Groenewald verbied om in Afrikaans te praat. Hierop het raadslid Groenewald geweier om verder aan die debat deel te neem.

“Dit is al die laaste 5 jaar die gebruik binne die raad dat die VF Plus sy begrotingsrede in Afrikaans kan lewer. Die feit dat die DA se Ted Hart die ANC ondersteun het om beswaar te maak teen die gebruik van Afrikaans, toon dat die DA teen Afrikaans is.

Later in die dieselfde raadsvergadering is toegelaat dat ‘n ANC-raadslid Afrikaans kan praat, maar as die Vryheidsfront Plus dit wil doen word beswaar aangeteken. Dit is niks anders as taaldiskriminasie nie en onaanvaarbaar,” sê Michal Groenewald, raadslid van die Vryheidsfront Plus in die Matlosana-munisipaliteit.

 

Sel: 079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.