fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Cosatu se optrede oor staatsloon-kwessies grens aan sedisie

Cosatu het vandag met ‘n staking waaraan elfduisend mense in Pretoria deelgeneem het gewys hy is ernstig met sy dreigement om Suid-Afrika op sy knieë te dwing as daar nie aan sy eis om ‘n 10%-loonverhoging gehoor gegee word nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Cosatu dreig om oor ‘n week met ‘n uitgebreide landwye staking te begin wat onder meer skole, hospitale en ander staatsdienste totaal lam sal lê.

Adv. Alberts sê die staat het weens vele redes soos wanbestuur, korrupsie, groot maatskaplike toelaes en buitensporige staatssalaris-uitgawes, nie die nodige fiskale beweegruimte om aan hoë verhogingseise toe te gee nie.

“Terwyl die land sit met groot probleme soos Eskom en ‘n ekonomie het wat juis vanweë arbeidsonrus die kreeftegang gaan, stel Cosatu steeds hierdie buitensporige eise en is hy so aggressief hieroor dat hy bereid is om die land op sy knieë te dwing.

“Hierdie optrede is uiters riskant en grens aan sedisie wat die staat ondermyn in die stabiliteit van land in sy geheel in gevaar stel.

“Hoe slegter dit weens sulke optrede onvermydelik met die ekonomie sal gaan, hoe minder geld sal die staat beskikbaar hê vir toekomstige aanpassings.

“Dit is daarom duidelik dat Cosatu selfsugtig is net na werkers se belange omsien ten koste van die totale ekonomie en alle werklose mense in die land,” sê adv. Alberts.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.