Die besoek van die nasionale adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), dr. Namane Masemola, en die Oos-Kaapse LUR, Zolile Williams, aan die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) is ล duidelike bewys dat plaaslike regering onder die ANC misluk het.
Die besoek was deel van ล nasionale ingrypingsprogram by die metro asook deel van โn nasionale noodprogram om munisipaliteite weer funksioneel te maak.
Wanneer nasionale en provinsiale strukture moet intree om ล munisipaliteit se basiese funksies te herstel soos by die NMBM, is dit โn ondubbelsinnige bewys dat die ANC-geleide plaaslike regering sy grondwetlike mandaat versaak het.
Die verval van infrastruktuur, waterstelsels, finansies en administrasie het sรณ diep geword dat inwoners daagliks die prys betaal.
Hierdie besoek is dus nie โn hoflike formaliteit nie, maar โn noodsaaklike poging om die agteruitgang te stuit en โn pad van herstel te begin.
Diรฉ proses mag nie versmoor word in gespreksdokumente en komiteevergaderings nie. Inwoners het sigbare resultate nodig.
Daarom steun die VF Plus die aankondiging dat tien tegniese spanlede uit nasionale en provinsiale geledere die metro se direktorate gaan bystaan. Hulle moet administratiewe stabiliteit herstel, infrastruktuurprojekte normaliseer en goeie bestuur bevorder.
Die party verwag dat burgemeester Babalwa Lobishe, alle burgemeesterskomiteelede, uitvoerende direkteure en die waarnemende stadsbestuurder, hul volle samewerking sal gee.
Die sukses van hierdie ingryping hang af van politieke en administratiewe bereidheid om verantwoordelikheid te aanvaar en die belange van inwoners eerste te stel.
Die VF Plus sal streng toesig hou om te verseker dat die ingryping nie stagneer nie, maar werklike verbetering bring.
Die enigste permanente oplossing vir inwoners is egter om van die ANC en sy vennote ontslae te raak by die stembus en te vervang met ล plaaslike regering wat hul belange vooropstel.
Die inwoners van die NMBM verdien stabiliteit, deursigtigheid en volhoubare dienslewering.


