fbpx
Vryheidsfront Plus

Clive Derby-Lewis se mediese toestand moet die maatstaf wees vir sy parool-aansoek

Wanneer mediese parool aan ‘n gevangene oorweeg word, soos nou met Clive Derby-Lewis, moet die persoon se siektetoestand die maatstaf vir sy vrylating wees, en nie die misdaad nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê die nuus dat die mediese paroolraad opnuut aanbeveel het dat Derby-Lewis vrygelaat word, dui op die erns van sy siektetoestand en dit moet daarom om menslike redes verwelkom word.

“Soos in die geval van Jackie Selebi, wat die geleentheid gebied is om in vrede tussen sy eie mense te sterf, behoort hierdie laaste genadedaad aan enige gevangene toegestaan te word wat sterwend is, ongeag van wie hy is of die erns van sy misdaad. Die enigste maatstaf moet sy mediese toestand wees.

“Dit moet in gedagte gehou word dat dit nie gewone parool is wat hier ter sprake is wat byvoorbeeld beïnvloed kan word deur die slagoffer se familie of ander faktore nie.

“Wanneer die minister sy beslissing maak, kan hy die Selebi en Schabir Shaik-gevalle as riglyn gebruik om nie ‘n sieklike, bejaarde man weens dubbele standaarde die geleentheid te ontneem om met waardigheid te sterf nie,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.