fbpx
Vryheidsfront Plus

Chaos op N12 en in Potchefstroom-middedorp bewys ANC-onvermoë om te regeer

Die gewelddadige betoging op onder meer die N12-hoofweg en in die dorpsgebied van Potchefstroom, wys opnuut dat die ANC onbevoeg is om te regeer.

Inwoners van Potchefstroom in die JB Marks-plaaslike munisipaliteit is gistermiddag omstreeks vieruur gekonfronteer met gewelddadige betogers.

Die sakekern is met groot trokke versper, motoriste is geïntimideer en klippe is na voertuie gegooi.

Die N12 loop regdeur Potchefstroom. Hierdie was skynbaar ‘n voortsetting van ‘n betoging oor dienslewering op die N12 by Ikageng buite die dorp wat reeds vroeër die dag begin het.

Groot verkeersopeenhopings is veroorsaak en die dorp se inwoners is getraumatiseer deur die gebeure.

Die polisie het ondernemings op sosiale media-veiligheidsgroepe versoek om hul deure te sluit en hul werknemers toe te laat om veiligheid te bereik.

Tog is die meeste werknemers aangewese op openbare vervoer wat ook tot stilstand gedwing is.

Dié situasie is onaanvaarbaar en ‘n skokkende aanklag teen die ANC-beheerde munisipaliteit.

Die gebrek aan dienslewering en skynbaar onverskillige houding jeens die behoeftes van die inwoners, skep ‘n situasie waar geweld en ontwrigting aan die orde van die dag raak.

Ook kommerwekkend is die feit dat die owerhede skynbaar weens onder meer ‘n tekort aan hulpbronne, nie in staat was om die situasie in die kiem te smoor nie.

Die VF Plus monitor tans die tonele en doen ‘n beroep op die owerhede om hul grondwetlike plig na te kom om die wetsgehoorsame inwoners van Potchefstroom te beveilig teen misdadige optrede.

Daar moet ook seker gemaak word dat die ANC-beheerde munisipaliteit aanspreeklik gehou word vir sy gebrek aan dienslewering.

Die inwoners van Potchefstroom verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.