fbpx
Vryheidsfront Plus

Buitensporige verhogings in eiendomswaardasies verarm Ekurhuleni-inwoners

Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners van die Ekurhuleni-metro (Boksburg, Alberton, Benoni, Nigel, Springs, Brakpan, Germiston, Edenvale, Kempton Park en omliggende gebiede), om die nuwe eiendomswaardasierol vir die periode 2021 – 2025, noukeurig na te gaan aangesien sommige van die eiendomswaardasies buitensporig verhoog is.

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat sekere waardasies met tot 100% verhoog is in die ongunstige ekonomiese toestand waarin die land hom bevind.

Die metroraad tree onverantwoordelik en onverskillig op teenoor sy inwoners in ‘n tydperk waar baie mense hul werk weens die Covid-19-pandemie verloor het, salarisverminderings moes aanvaar en kos- en brandstofpryse die hoogte ingeskiet het.

In een geval is ‘n eiendom in Sunnyridge, Germiston, se waardasie vanaf R831 000 na R3 miljoen verhoog wat beteken eiendomsbelasting is aansienlik meer.

Vir baie inwoners kom die voorgestelde verhogings as ‘n skok omdat nie almal die nodige kennisgewings ontvang het nie.

Die VF Plus is nie gekant teen verhogings nie, maar verhogings moet realisties wees en inwoners nie uitbuit nie.

Die party sal die Gauteng-wetgewer nader om ingryping indien die metro voortgaan om die onaanvaarbare hoë eiendomswaardasies te implementeer.

Inwoners het tot 18 Junie 2021 om 15:30 geleentheid om beswaar aan te teken teen hul eiendomswaardasies.

Mense word aangemoedig om die webblad http://www.ekurhuleni.gov.za/residents/property-valuation-and-rebates/valuation-rolls.html te besoek en die nodige dokumente in te vul en in te dien.

Navrae: 072 217 1951

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.