’n Brutale aanval op twee bejaardes by die Echo Caves naby Ohrigstad het die brutaliteit van geweldsmisdaad in Suid-Afrika opnuut beklemtoon.
Hulle is aan die brand gesteek terwyl hulle nog gelewe het nadat hulle gemartel is.
Anneke Claassen (73) en haar vriend, Hennie Claassen (77), is verlede Saterdag op Anneke se plaas naby Ohrigstad vermoor.
Die motief vir die moorde is nog onbekend.
Die VF Plus is in kontak met alle betrokkenes wat steeds besig is met ’n soektog na die verdagtes.
Die VF Plus sal op Dinsdag, 6 Junie besoek aflê by die familie van die slagoffers.
Die party doen opnuut ʼn dringende beroep op gemeenskappe om veiligheidsmeganismes in plek te stel, betrokke te raak by bestaande netwerke en uiters paraat te wees om hul eie veiligheid te verseker.
Die regering moet sy erns begin wys oor misdaad. Lippetaal sal misdadigers nie keer nie. Lippediens sal nie misdadigers keer nie.
Spesialiseenhede sal teruggebring moet word en die polisie en die nasionale vervolgingsgesag moet voldoende toegerus word om misdadigers te vang en aan die pen te laat ry.
Die VF Plus wil hiermee sy opregte medelye met die oorledenes se naasbestaandes uit te spreek.