fbpx
Vryheidsfront Plus

Brandweerdienste kon weens tekort aan brandstof nie brandende huis in Emfuleni red

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se brandweerdiens kon vandag weens ‘n tekort aan brandstof nie ‘n brand blus wat ‘n huis in Unitaspark, Vereniging, vernietig het nie.

Die Meyerton-brandweerdiens het uiteindelik kom help, maar was te laat om enigiets te red.

Intussen het die gemeenskap probeer om die vuur met 'n tuinslang te blus.

Hierdie is ‘n direkte gevolg van die Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) wat in so ‘n finansiële verknorsing verkeer, dat daar nie geld is om brandweerwaens van brandstof te voorsien nie.

Die brandweer is nie die enigste diens wat onder die swak bestuur van die munisipaliteit ly nie.

Feitlik geen vullisverwydering of ander diens kan gelewer word nadat die hof ‘n beslagleggingsbevel aan Eskom toegestaan het teen Emfuleni nie.

Emfuleni se lopende bankrekening is kort daarna gevries.

Die inwoners van Emfuleni word nou gestraf vir die ANC-beheerde munisipaliteit se wanbestuur.

In hierdie geval het ‘n huis in die slag gebly, maar volgende keer kan dit tot lewensverlies lei.

Die enigste oplossing is om ontslae te raak van die ANC. Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.