fbpx
Vryheidsfront Plus

Binnelandse sake “ontkieser” talle Suid-Afrikaners

Die VF Plus word oorval deur geregistreerde kiesers wat nie daarin kan slaag om nuwe of plaasvervangende identiteits- en reisdokumente te kry nie omdat die departement van binnelandse sake se agterstand en wagtyd vir die uitreiking van noodsaaklike dokumente dikwels maande duur.

Die uitreiking van nuwe identiteitsdokumente sowel as reisdokumente is lamgelê lank voordat minister Aaron Motsoaledi op 28 September 2021 die hervatting van die uitreiking van nuwe identiteitsdokumente en reispaspoorte ingevolge die verslapping van Covid-19-inperkingsmaatreëls aangekondig het.

Verskeie klagtes van regoor die land dui egter daarop dat talle plaaslike kantore van die departement glad nie reageer op nuwe aansoeke nie of buitengewoon lank neem om aansoeke te verwerk terwyl die nasionale hulplyn van die departement onbeantwoord bly.

Die departement, wat reeds voor die Covid-19-inperkings van 2020 ‘n agterstand beleef het met die uitreiking van dokumente, se diensvermoë het egter nou sodanig verswak dat talle geregistreerde kiesers deur die versuim van die departement 'ontkieser' kan word omdat hul doodgewoon nie voor die landswye munisipale verkiesing op 1 November in besit van ‘n geldige ID-dokument sal wees.

‘n Groot aantal internasionale reise is ook teen groot koste in die wiele gery omdat die departement nie betyds nuwe reisdokumente kan voorsien nie.

Die VF Plus sal volgehoue druk op die departement plaas om seker te maak dat die departement sy mandaat as beskermer en reguleerder van Suid-Afrikaanse identiteit nakom.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.