fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Bethal 26 dae sonder water

Die inwoners van groot dele van die ANC-beheerde Bethal in Mpumalanga het reeds vir 26 opeenvolgende dae geen water nie en slegs sporadiese krag.

Dit volg binne 65 dae nadat die ANC die plaaslike tussenverkiesing gewen het op 9 Oktober 2019.

Die VF Plus het slegs ses stemme nodig gehad om te wen in 'n hewige betwiste verkiesing nadat die DA-wyksraadslid bedank het.

Teenstrydige kommunikasie vanuit verskillende bronne in die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit bied tans min antwoorde vir die tekort aan water en krag.

Sommige meen die grootmaat-waterverskaffer, Rand Water, het nie voldoende pompe geïnstalleer om genoeg water aan die dorp te voorsien nie terwyl die moontlikheid ook bestaan dat Rand Water waterbeperkings ingestel het weens agterstallige waterskuld van R272 miljoen van die Govan Mbeki-munisipaliteit.

Al die inwoners van Bethal en die Govan Mbeki-munisipaliteit word nou gyselaar gehou deur entiteite wat verantwoordelik is vir die lewering van dienste aan die dorp.

Die VF Plus sal 'n klag hieroor by die Menseregtekommissie (MRK) indien teen Rand Water Bulk Services en die Govan Mbeki-munisipaliteit vir die ooglopende skending van die Grondwet wat bepaal dat almal in die land geregtig is op basiese menseregte soos die beskikbaarheid van water.

Die VF Plus het alles in sy vermoë gedoen om die situasie tussen Rand Water en die Govan Mbeki-munisipaliteit te voorkom. Dit is tyd om die betrokke entiteite tot verantwoording te roep.

Navrae: 082 464 4280 of 060 491 7038

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.