Die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) is vanmiddag onderteken – met ‘n ooreenkoms dat die regulasies wat die wet gaan rig, wel die omstrede artikels 4 en 5 rondom taal en toelating sal kan oplos.
Hierdie regulasies sal die norme en standaarde stel wat as “beskerming” moet dien oor gemeenskappe se besluitnemingsbevoegdheid oor hul skole.
President Cyril Ramaphosa het die versekering gegee dat die basiese onderwysminister, Siviwe Gwarube, voldoende tyd gegun sal word om hierdie regulasies in plek te stel.
Die VF Plus sal deurentyd betrokke wees en sal die regulasies fyn dophou en die proses monitor. Die party sal as deel van die regering van nasionale eenheid (RNE) sorg dat Afrikaanse moedertaalonderrig behoue bly.