Bejaardes in Carletonville is sagte teikens vir boosdoeners en die VF Plus doen ‘n beroep op die polisie om ‘n bewusmakingsveldtog onder bejaardes in die area te loods. Die party moedig bejaardes ook aan om by die plaaslike gemeenskappolisiëringsforum betrokke te raak.
Verlede Donderdag is ‘n bejaarde man, mnr. Pieterse, in sy huis deur rowers in die maag gewond. Hy is steeds in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Sy vrou is ongedeerd.
Die VF Plus gaan die plaaslike polisiekantoor besoek en ‘n beroep op die stasiebevelvoerder doen om alles in die stryd te werp om die misdadigers aan te keer.
Kontaknommer: 082 671 2302