Die VF Plus veroordeel die moord op ‘n bejaarde vrou, mev. Desirée Newberry, wie se liggaam gistermiddag in ‘n oop stuk veld naby die vliegveld in Carletonville gevind is, ten sterkste.
Mev. Newberry was ‘n inwoner van die Senatus-tehuis vir bejaardes op die dorp.
Die moord volg kort op dié van Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht wat op Moedersdag op hul plaas in Welgevonden naby Westonaria vermoor is.
Raadslid Ben van der Berg van die VF Plus, het sy medelye teenoor die familie van beide gesinne uitgespreek en onderneem om naasbestaandes van mev. Newberry te besoek.
Mnr. Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng, het weereens beklemtoon dat die publiek se geduld besig is om ‘n versadigingspunt te bereik. Die polisie se jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur politici van die ANC en die EFF skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid.
Suid-Afrikaners is vuisvoos. Die feit dat moord ‘n alledaagse verskynsel in Suid Afrika word, is totaal onaanvaarbaar.
Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804 en 082 671 2302