fbpx
Vryheidsfront Plus

Begrotingsposdebat in die parlement: Departement van Vroue – Respek vir mekaar sal van Suid-Afrika ‘n minder gewelddadige plek maak

Die blote feit dat die gewese adjunk-minister van hoër onderwys en veroordeelde vroueslaner Mduduzi Manana nog ‘n ANC-parlementslid is, wys hoe vals die regering is as hy van vroueregte praat. ‘n Lid van die VF Plus wat hom skuldig maak aan enige geweld teenoor ‘n vrou, sal summier geskors word.

Die minister van hoër onderwys, Naledi Pandor, se uitlating dat dit nie weens gebrekkige veiligheid is dat vroue nie veilig is in koshuise nie, maar dat dit ‘n gemeenskapsprobleem en gewelddadigheid onder mansstudente is, is in die kol.

Dit laat die vraag ontstaan hoe ouers hul kinders opvoed om hul plek in die samelewing vol te staan. Die antwoord is dat ons met eerlikheid na onsself as ouers moet kyk en vra of ons seker maak dat ons kinders so opgevoed word dat hulle respek vir ander het.

Hierdie respek moet nie net teenoor vroue wees nie, maar teenoor alle mense. Mans en vroue. Want as jy ‘n generasie het met respek vir andere, sal daar van geweld, veral teenoor vroue, feitlik nie meer sprake wees nie.

Dit is bekend dat die ANC-regering eers aandag gee aan ‘n probleem wanneer daar gewelddadige protesoptredes plaasvind en mense begin plunder, brand stig en afbreek. Op straat sê die mense openlik dit is die enigste wyse om die aandag van die regering te kry

Hierdeur dra die ANC-regering daartoe by om ‘n kultuur van geweld te skep terwyl hy eintlik ‘n voorbeeld moet stel om geweld te verminder. Dieselfde gebeur hier in die parlement waar die gewelddadige optrede van parlementslede ‘n mens soms beskaamd laat. Dit kan nie toegelaat word nie.

Ek doen vandag ‘n beroep op alle mans: Behandel almal, maar veral vroue altyd met respek. Al is jy fisiek sterker as ‘n vrou, beteken dit nie dat jy haar meerdere is nie.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.