Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC verantwoordelik vir voortslepende skuldkrisis van Vrystaatse munisipaliteite

Die voortslepende skuldvlakke van Vrystaatse munisipaliteite kan net voor die deur van die ANC se dekades van finansiële wanbestuur, swak beleid en verkeerde prioriteite geplaas word.

Intussen betaal inwoners meer vir munisipale dienste wat eenvoudig nie gelewer word nie.

Uit ‘n voorlegging van die Vrystaatse tesourie aan die Vrystaatse wetgewer, is dit duidelik dat daar geen einde blyk te wees aan die skuldkrisis waarin munisipaliteite hulself vir jare reeds bevind nie.

Volgens die tesourie beloop skuld aan munisipaliteite tans meer as R45 miljard. Binne perspektief gestel, is die bedrag gelykstaande aan die totale begroting van die Vrystaatse regering.

Munisipaliteite se invordering van dienstefooie beloop tans gemiddeld slegs 55%, ver onder die teiken van 95%.

Munisipaliteite se skuld bly ook buite beheer en beloop tans R36 miljard. Dit sluit onder meer skuld in aan Eskom (R28.4 miljard) en waterskuld (R9,9 miljard).

Intussen misluk munisipaliteite daarin om toelaes vir veral infrastruktuurontwikkeling te gebruik. Soveel as 29.5% of R2,7 miljard, wat vir diensleweringsprojekte aangewend moes word, is eenvoudig nie deur munisipaliteite bestee nie.

Die enigste manier om die skuldkrisis op te los, is om die ANC aanstaande jaar by die stembus uit munisipale rade te hou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.