fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC tree op teen letter en gees van Grondwet

Die staat erken dat die Suid-Afrikaanse Grondwet die land se hoogste gesag is. Tog druis die ANC-regering se optrede lynreg in met die letter en gees van dié hoogste wet.

Die Grondwet lê die regsgrondslag vir die bestuur van die land neer met inbegrip van die regte en pligte van die burgers en die struktuur van die regering.

Die Handves van Regte is 'n hoeksteen van die demokrasie. Dit is toepaslik op alle reg en is bindend op die wetgewer, die uitvoerende gesag, die regbank en alle staatsorgane.

‘n Onlangse aanhaling uit die boek van prof. Koos Malan met die titel: “ There is no supreme constitution” het hewige reaksie én ontkenning van die minister van justisie ontlok.

Tog word die Grondwet gereeld vertolk en toegepas in lyn met die politieke agenda en doelwitte van die ANC-regering .

Die woorde staatskaping, korrupsie, wanadministrasie en swak wetstoepassing word deesdae wyd algemeen gebruik in die parlement, die media en in elke Suid Afrikaanse huishouding.

Die algemene frustrasie is egter ook dat daar geen gevolge hiervoor is nie.

Ten spyte van die bevindings en aanbevelings die Zondo-kommissie was daar tot nou weinig vordering met optrede om mense te vervolg vir die blatante diefstal van belastingbetalersgeld deur amptenare in magsposisies.

Verantwoordbaarheid beteken immers dat die parlement, die regering, die uitvoerende gesag en amptenare 'n verpligting het om uit vrye wil verantwoordelikheid vir hul optrede te aanvaar.

Dit gebeur nie, en die rede is grootliks vanweë ‘n kultuur van toe-eiening wat danksy die ANC in Suid-Afrika vaardig is. Dit, tesame met blaamverskuiwing, het dienslewering vernietig en daarmee saam die land se ekonomie.

Suid Afrika sal sy huis in orde moet kry. Suid Afrika se kiesers het nie meer vertroue in die huidige bedeling nie, juis vanweë die feit die regering nie verantwoordbaar is nie en dienslewering ‘n laagtepunt bereik het.

Hierdie vertroue en verlore aansien moet herwin word, nie net onder Suid-Afrikaners nie, maar ook in die internasionale gemeenskap.

Dit moet vervang word met 'n kultuur van aanspreeklikheid en verantwoordelikheid in ooreenstemming met Suid-Afrika se Grondwet.

Onder die ANC sal dit nie gebeur nie. Daarom moet Suid-Afrikaners die geleentheid aangryp om in 2024 ‘n regering aan bewind te stel wat die Grondwet eerbiedig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.