fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC sien wetgewing as blote riglyne

Die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit het hul jaarlikse begroting goedgekeur sonder die steun van die opposisiepartye. Die begroting is na die mening van die VF Plus nie voldoende om die munisipaliteit se basiese pligte uit te voer nie en die distriksraad bestaan nou net om salarisse te betaal, sê Michal Groenewald, VF Plus-raadslid en provinsiale leier vir Noordwes.

“Artikel 160(3) van die Grondwet bepaal dat ‘n meerderheid van die lede van ‘n munisipale raad teenwoordig moet wees voordat daar oor enige aangeleentheid gestem kan word.

“Die begroting van die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit is goedgekeur sonder 'n meerderheid van raadslede teenwoordig, soos wat die Grondwet vereis. Die speaker van die raad het dit egter toegelaat sonder om hom aan die protes van die opposisie te steur.

“Dit wil voorkom asof die ANC so arrogant is dat hulle hulself sien as bo die wet verhewe en dit net gebruik as ‘n riglyn.

“Dit is ontoelaatbaar dat die regerende party dink dat hulle kan maak en breek soos hulle wil. Die VF Plus gaan die saak nie daar laat nie en sal die LUR van plaaslike regering in Noordwes versoek om die goedkeuring van die distriksraad se begroting ter syde te stel," het Groenewald gesê.

 

Kontaknommer: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.