Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nkandla-sage het die parlement se geloofwaardigheid vernietig

Suid-Afrika se parlement het nie meer integriteit oor nie. Die Nkandla-sage het dit vernietig. Daarbenewens is die vlak van debatvoering die swakste wat dis was sedert 1994, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met die begrotingsposdebat van die parlement gesê debatvoering het gedaal tot ‘n laagtepunt waar dit meestal bestaan uit beledigings wat oor en weer oor die vloer geslinger word.

Oor die skeiding van magte het dr. Mulder gesê dit is die taak van die howe om die Grondwet te handhaaf, en indien die wetgewende gesag sy plig behoorlik uitvoer, sal dit nie nodig wees vir ‘n hof om in sy sake in te meng nie.

“Die Grondwet maak dit baie duidelik wat die parlement mag, en moet doen. Die goue draad wat hierdeur loop is dat die parlement ten alle tye verantwoordbaar moet wees, en hierin het hy skouspelagtig misluk rondom die Nkandla-sage.

“Die meerderheid in die parlement het die president vir twee jaar teen die bevindings en aanbevelings van die Openbare Beskermer (OB) beskerm. Hieroor het die Grondwethof gesê ‘die parlement het sy pligte en verantwoordelikhede ‘verontagsaam’.

“Die hof het voortgegaan deur te sê dit was in alle opsigte verkeerd van die parlement om die OB se rol oor te neem en haar bevindings en aanbevelings van die tafel te vee en met sy eie te vervang. Daar het die parlement totaal verkeerd opgetree en ‘n verkeerde voorbeeld gestel.

“Hier is vandag gevra dat meer geld aan die parlement beskikbaar gestel word. Hieroor wil ek die slegte nuus meedeel dat daar nie meer geld is nie. Die regering besef dit dalk nie, maar die geld is op.

“Dit besef sal binnekort posvat dat daar nie meer geld is om links en regs uit te gee nie. Die tesourie sal dit mooi verduidelik: Die ekonomie groei nie meer nie, daar kom nie meer geld in nie. Dit is op. Die ANC-regering se vergrype het hom eindelik ingehaal,” het dr. Mulder gesê.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.